Carpe Diem Skool in George se kwarteeuvieringe op Vrydag 25 Julie was tegelyk 'n jolige en inspirerende geleentheid waaraan die kinders, onderwysers en weldoeners van die skool entoesiasties meegedoen het. 'n Standbeeld wat deur die Hoekwil-beeldhouer, Ian Visser, spesiaal vir die herdenking geskep is, is onthul. Die glanspersoonlikheid Marelize Steyn Earle, wat onlangs as Mrs Globe Classique 2025 gekroon is, was ook teenwoordig en het spontaan aan die pret meegedoen.