Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die nuut verkose raadslede van die Garden Route-distriksmunisipaliteit is by die George-burgersentrum.
Die raadslede hou vanoggend om 11:00 hul eerste vergadering.
Nadat hulle ingehuldig is sal hulle 'n nuwe speaker, burgemeester en onderburgemeester moet kies.
Een van die eerste raadslede wat opgedaag het was Mercia Draghoender van die PBI.
Lede van die brandweer van die distriksmunisipaliteit vorm ’n erewag vir die nuwe raad.
Video: New Garden Route District Council
Foto: Michelle Pienaar
Mercia Draghoender
Virgill Gericke van die PBI en Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, groet voor die vergadering.
Stephen de Vries van die ANC en Memory Booysen van die DA sê hallo vir mekaar. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'