VERKIESINGSNUUS - Die DA se kiesafdelingshoof in George, Dirk Wessels, sê die party is verheug oor sy volstrekte meerderheid in die plaaslike regeringsverkiesing en beskou die uitslag as ’n duidelike mandaat van die kiesers om George verder te ontwikkel.
Wessels het Woensdag 11 November aan George Herald gesê die DA het 8 325 meer stemme as in die vorige munisipale verkiesing gekry, terwyl sy steun van 46% tot 50,3% gestyg het.
“Die uitgangspunt van enige party is tog om ’n volstrekte meerderheid te hê sodat hy die stad kan regeer.”
Hy het die party se aktiviste, kandidate en kiesers bedank en gesê die uitslag sou nie sonder die opofferings van talle inwoners moontlik gewees het nie.
Volgens Wessels word koalisiegesprekke op provinsiale en nasionale vlak hanteer, maar die DA hoef nie ’n koalisie te vorm om George te regeer nie. Hy het benadruk dat die party goeie verhoudinge met die meeste politieke partye in George handhaaf en dat die DA se visie is om vir alle inwoners te regeer.
Wessels het ook gesê die verkiesing het oor die algemeen vlot verloop, en dat enige kwessies in samewerking met die OVK vinnig opgelos is.
Hy meen die uitslag wys dat talle kiesers wat ná die onlangse tussenverkiesings hul vertroue in die DA verloor het, na die party teruggekeer het. “Ons het die mandaat om George verder te vat en op ’n volgende vlak te regeer,” het hy gesê.
DA secures outright majority in George
The DA has secured an outright majority in George Municipality following the 2026 local government elections, winning 28 of the 55 seats on the council.
The PA emerged as the second-largest party with 11 seats, followed by the ANC with eight and the FF Plus with four.
Four smaller parties each secured one seat.
The new council comprises 28 ward councillors and 27 proportional representation (PR) councillors. Its first meeting is scheduled for Wednesday 18 November.
George Municipal Council: Seat allocation
DA: 28 seats
PA: 11 seats
ANC: 8 seats
FF Plus: 4 seats
ACDP: 1 seat
EFF: 1 seat
GOOD: 1 seat
Plaaslike Besorgde Inwoners (PBI): 1 seat
Total: 55 seats.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’