GEORGE NUUS - Geelhoutboom-verdagte weer in hof - Die man wat daarvan verdink word dat hy die dood van die 13-jarige Brenville Stalmeester op 5 November 2017 op die Geelhoutboom-pad veroorsaak het, het gister, Woensdag 21 April, weer in die plaaslike hof verskyn.
Teen druktyd Woensdagoggend het die saak nog nie in die hof voorgekom nie. Stalmeester is oorlede toe 'n klein Nissan-bakkie die Geelhoutboompad verlaat het.
Hy is na bewering by die voertuig uitgeslinger en is dood op die toneel.
Die bestuurder van die voertuig was nie meer op die toneel toe nooddienste daar aangekom het nie. Hy het na bewering te voet gevlug.
Pieterse het destyds ontken dat hy die motor bestuur het, maar later het dit aan die lig gekom dat hy glo van Blanco na Geelhoutboom onderweg was toe hy glo beheer oor die voertuig verloor het en die bakkie op sy sykant langs die pad beland het.
Pieterse het op 25 September 2019 sy eerste hofverskyning gemaak.
Die ongelukstoneel in November 2017 op die Geelhoutboom-pad.
Die jong Stalmeester is glo uit die voertuig geslinger tydens die ongeluk. Foto's: Kristy Kolberg
Trio weer voor na aanranding in motor
Die drie beskuldigdes van Blanco, wat in Januarie vanjaar in hegtenis geneem is ná 'n video van 'n beweerde aanranding in 'n motor aan die lig gekom het, het op Dinsdag 20 April weer in die George-landdroshof verskyn.
Al drie is kort na hul inhegtenisneming op borgtog van R500 elk vrygelaat.
Juanita Maritz (47), haar dogter, Jessnique Jansen (26) en Gabrin Giewelaar (37), staar aanklagte van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig. Die aanranding spruit glo uit 'n beweerde buite-egtelike verhouding tussen die slagoffer en haar aanvaller se man.
Die saak is uitgestel tot 6 Junie wanneer dit in die streekhof sal voortgaan.
Maritz en haar medebeskuldigdes word deur Winston Jansen van Winston Jansen Attorneys verteenwoordig. Ricardo Jacobs is die aanklaer en die saak dien voor landdros Erna Grobler.
War on Waste
The five accused in the War on Waste case made another appearance in the George Magistrate's Court yesterday, 21 April, reports journalist Michelle Pienaar. The case has been further postponed to Wednesday 30 June.
The accused include former municipal manager Trevor Botha, former director of community services Walter Hendricks, former George mayor Melvin Naik and two municipal officials, Wessel Robertson and Rowan Botha.
They were served with court summonses by the Hawks Serious Commercial Investigation in September last year, on charges of fraud, corruption and contravention of the Municipal Finance Management Act. The charges relate to Naik's mayoral project, War on Waste.
Botha, Hendricks and Naik have previously proclaimed their innocence in the case.
Since last year two of the accused - Hendricks and Botha - have both changed their legal representation. Botha is represented by Regan Brown and Hendricks by a Cape Town law firm, Davidson Badrodien Attorneys. Attorney Winston Jansen represents Melvin Naik, Wessel Robertson and Rowan Botha. Adv Xolile Jonas is representing the state.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'