GEORGE NUUS - Die ondersoek na die dood van 'n jong seun in 'n motorongeluk op die Geelhoutboompad, is afgehandel maar steeds onopgelos.
Vyf maande ná Brenville Stalmeester (13) van Blanco in 'n ongeluk op die Geelhoutboompad gesterf het, het daar nog geen ooggetuies na vore gekom nie.
Die vermeende bestuurder ontken ook dat hy die motor bestuur het en daar is geen klinkklare bewys om hom aan die ongeluk te verbind nie.
Niemand is dus in hegtenis geneem of aangekla nie.
Die bestuurder van 'n klein Nissan-bakkie was van Blanco na Geelhoutboom onderweg toe hy na bewering beheer oor die voertuig verloor het.
Die bakkie het gerol en op sy sy kant langs die grondpad beland. Hy het te voet van die toneel gevlug.
Brenville was na bewering 'n passasier in die voertuig en is by die venster uitgeslinger.
Die saak is na die senior staatsaanklaer vir 'n beslissing gestuur.
Die bestuurder van die bakkie het na bewering van die toneel gevlug. Foto: Kristy Kolberg
* The investigation into the death of a young boy after a car accident on the Geelhoutboom road was completed, but remains unresolved.
Five months after Brenville Stalmeester (13) of Blanco died, no eyewitnesses have come forward.
The case was sent to the senior public prosecutor at George Magistrate's Court for a final decision.
Die toneel wat op 5 November 2017 op die Geelhoutboompad afgespeel het. Foto: Kristy Kolberg
Lees vorige artikels:
- Kind reeds begrawe, bestuurder steeds vry
- Opvolg: Seun sterf in ongeluk
- Seuntjie op Geelhoutboom-pad doodgery
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'