GEORGENUUSFLITS - 'n Seuntjie van omtrent 10-jaar oud is vanmiddag omstreeks 13:00 op die Geelhoutboom-pad doodgery.
Volgens 'n ooggetuie het 'n wit bakkie uit die rigting van George gekom toe die ongeluk plaasgevind.
"Ek het net die bakkie sien tol en toe ek hier (op die toneel) kom, het ek die kind sien lê."
Die bestuurder van die voertuig het van die toneel gevlug en is steeds soek.
Nooddienste is tans op die toneel.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Nooddienste en die polisie op die toneel.
Die bestuurder van die bakkie het van die toneel gevlug.
ARTIKEL & FOTO'S: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'