Update
GEORGE NUUS - Twee voetgangers en vyf insittendes van 'n motor, 'n bestuurder en passasiers, is beseer tydens 'n motorongeluk Saterdagmiddag, 1 Mei, omstreeks 14:30 by 'n brug in Rosemoor.
Die presiese oorsaak van die ongeluk kon nog nie bevestig word nie, en terwyl sommige spoed en roekelose bestuur die skuld gee, het 'n ingeligte bron aan George Herald vertel die bestuurder van die voertuig het glo vir 'n kind op 'n kaskar uitgeswaai.
Hy het beheer oor sy voertuig verloor waarna hy twee voetgangers getref het en die voertuig teen 'n wal by die brug in Triumphstraat te lande gekom het.
Volgens die Tuinroete se woordvoerder van die Weskaapse Departement van Gesondheid is twee mans en ‘n vrou by hulle opgeneem. Die vrou is intussen ontslaan en daar word verwag dat die twee mans ook binnekort ontslaan sal word.
‘n Bron het aan die George Herald genoem dat die drie beseerdes wat in die hospitaal opgeneem was ‘n kind, ‘n vrou en ‘n man was.
Foto's: Facebook
Verskeie pogings is aangewend om uit te reik na 'n familielid van die beseerdes wat ook in die voertuig was ten tyde van die ongeluk om meer inligting te verkry. Die persoon kon egter nie bereik word nie.
Die polisie kon teen druktyd Woensdagoggend ook nie enige nuwe inligting verskaf nie. Volgens 'n polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies, het die polisie by Conville 'n saak van roekelose en nalatige bestuur geopen.
Die presiese oorsaak van die ongeluk moet nog vasgestel word en niemand is in hegtenis geneem nie.
Two pedestrians and five occupants of a car, a driver and passengers, were injured in a car accident on Saturday afternoon, 1 May, in Rosemoor. The exact cause of the accident could not yet be confirmed, and while some blame speeding and reckless driving, an informed source told George Herald the driver apparently swerved out for a child on a wooden go-cart. Two people who sustained serious injuries are believed to still be recovering in hospital.
Vorige artikel: 7 mense beseer in ongeluk by brug
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'