Update
GEORGE NUUS - Die 33-jarige Rodney Witbooi wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou knap voor Kersfees vermoor het, het vanoggend, Donderdag 12 Januarie, in die George-landdroshof verskyn.
Soneé Witbooi (néé Le Roux) is op Dinsdag 21 Desember in die vroeë oggendure met ‘n kapmes aangeval. Die voorval het plaasgevind in haar ouerhuis in Loeriepark, waar die Witbooi-egpaar in ‘n woonstel op die perseel gewoon het.
Witbooi se regsverteenwoordiger van Legal Aid het aangedui dat hy nie vir borgtog gaan aansoek doen nie. Daar is wel 'n versoek aan die landdros gerig vir 'n voorskrif vir spesiale oogdruppels, wat blykbaar steeds in die Loeriepark-huis is.
Witbooi se regsverteenwoordiger het gevra dat die ondersoekbeampte die voorskrif vir hom na die tronk toe sal neem.
Witbooi se volgende verskyning is op Donderdag 2 Maart. Die hof wag intussen vir verslae ten opsigte van die moordondersoek, forensiese afdeling, getuienisse en foto's van die misdaadtoneel.
Die saak dien voor landdros Bisschoff en Eric Mtyhobile verskyn vir die staat.
Die oorledene en haar suster, wat op daardie stadium albei in die huis was, is na bewering met 'n kapmes aangeval. Soneé is op die toneel dood verklaar, terwyl haar suster ernstige wonde opgedoen het.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'