Update
GEORGE NUUS - Byna twee jaar ná die dood van die 13-jarige Brenville Stalmeester op 5 November 2017, het die bestuurder van die voertuig, Granville Pieterse, gisteroggend in die hof verskyn.
Stalmeester is oorlede toe 'n klein Nissan-bakkie die Geelhoutboompad verlaat het. Hy is na bewering by die voertuig uitgeslinger en is dood op die toneel.
Die bestuurder van die voertuig was nie meer op die toneel toe nooddienste daar aangekom het nie. Hy het na bewering te voet gevlug.
Pieterse het destyds ontken dat hy die motor bestuur het en tot onlangs was daar geen klinkklare bewys om hom aan die ongeluk te verbind nie. Hy was van Blanco na Geelhoutboom onderweg toe hy na bewering beheer oor die voertuig verloor het.
Die bakkie het gerol en op sy sy kant langs die grondpad beland.
Brenville was na bewering 'n passasier in die voertuig en is by die venster uitgeslinger.
Lees vorige artikels:
- Seun sterf in motorongeluk met 'spook bestuurder'
- Kind reeds begrawe, bestuurder steeds vry
- Opvolg: Seun sterf in ongeluk
- Seuntjie op Geelhoutboom-pad doodgery
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'