GEORGE NUUS - Dit is bykans drie weke ná die dood van die jong Brenville Stalmeester (13) van Blanco, en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Brenville is op 5 November tydens 'n motorongeluk op die Geelhoutboompad oorlede.
Die bestuurder van 'n klein Nissan-bakkie was van Blanco na Geelhoutboom onderweg toe hy na bewering beheer oor die voertuig verloor het. Die bakkie het gerol, op sy kant langs die grondpad beland en die bestuurder het te voet van die toneel gevlug. Brenville was na bewering 'n passasier in die voertuig en is by die venster uitgeslinger.
By navraag het die George-polisie se mediabeampte, konst. Rachel Hendriks, gesê: "Die saak rondom die bestuurder in die motorongeluk op die Geelhoutboompad word steeds ondersoek. Die inligting is sensitief en kan nog nie gepubliseer word nie." Sy het bevestig dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.
Ooggetuies of enigiemand wat met die ondersoek kan help, word gevra om die George-polisie by 044 803 4743 te kontak.
Brenville is op Saterdag 18 November begrawe.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL & FOTO; KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'