GEORGE NUUS - Altesaam drie voertuie was betrokke in 'n ongeluk vanmiddag omstreeks 13:40 by Kaaimanspas.
Volgens sersant Christopher Spies het 'n Toyota Quantum en Toyota Corolla na bewering in die rigting vanaf George na Wilderness beweeg, en 'n Toyota Tazz vanuit Wilderness na George, toe die botsing plaasgevind het.
"Die bestuurder van die Tazz, wat onderweg was in die rigting na George, is tydens die botsing beseer en per ambulans na die hospitaal vervoer. Die omvang van sy beserings is onbevestig."
Lees vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'