GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die 85ste tak van Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel is vandeesweek geopen, hierdie keer in Groot-Brakrivier. Theo en Zané Labuschagne, pa en dogter, is die eienaars van die winkel wat op Dinsdag 16 Maart sy deure geopen het.
Die Helpende Hand-winkels maak staat op skenkings uit die gemeenskap wat dan in die winkels verkoop word om geld in te samel. Hierdie geld word dan teruggeploeg in die gemeenskap om armoede te voorkom en te verlig, asook om hulpbehoewende studente by te staan.
Inwoners is welkom om enige bruikbare huishoudelike goedere soos klere, linne, meubels, kombuisware, elektriese toebehore of enigiets wat in jou pad is by die winkel in die Langstraat Mall, Endstraat 1 af te lewer.
Tydens die opening was daar spesiale afslag vir diegene wat aankope vir meer as R100 gedoen het.
Belangstellendes kan gerus Solidariteit se Ons Winkel-webblad besoek vir meer inligting by www.onswinkel.co.za.
Die opening van die Groot-Brakrivier-tak van Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel was 'n fees. Van links: Marlise Labuchagne (Helpende Hand se streekorganiseerder vir die Wes-Kaap vir Suid-Kaap-gedeelte), Zanè Labuchagne (eienaar), Nantes du Plessis (tak-lid) en Theo Labuchagne (eienaar).
Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'