GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-leraarsforum, in samewerking met die Pacaltsdorp Men’s Group, sal op Saterdag 6 Desember ’n optog teen geweld hou.
Die optog begin om 09:00 by die New Dawn Park-sportstadion en eindig in Rosedale.
Alle roetebegeleiers word versoek om reeds om 08:30 aan te meld.
Predikante word gevra om hul togas te dra, aangesien hulle voor sal stap. Deelnemers word ook daaraan herinner dat alle plakkate ’n positiewe boodskap moet uitdra en dat elke optog ganger hul eie waterbottel moet saambring.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om deel te neem, veral mans, jongmanne en seuns, om saam op te staan teen geweld teen vroue, kinders en ouer persone, en om duidelik te verklaar dat die mans van Pacaltsdorp nie sal toelaat dat misdaad hul dorp oorheers nie.
Vir meer inligting kontak Charlie Daman by 074 633 3532.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’