Update
GEORGE NUUS - Inwoners kry môre, Woensdag 10 Februarie, geleentheid om tydens ‘n verbyrit-geleentheid hulde te bring aan wyle Urwin da Silva.
Die 69-jarige Da Silva is Saterdag oorlede na hy omstreeks 20:30 in ’n motorongeluk betrokke was.
Hy was een van George se bekendste inwoners en ’n gemeenskapsleier wat diep spore getrap het.
Die verbyrit-geleentheid sal om 17:00 in Hibuscusstraat, Pacaltsdorp begin en dan verby die familie se huis in Plantasieweg ry.
Mense is welkom om deel te neem aan die geleentheid.
Sy begrafnis vind Saterdag om 09:00 by die familie se huis (Plantasieweg 21 plaas). Streng Covid-19-protokolle sal gevolg word.
Lizette da Silva, sy skoondogter en redakteur van George Herald, het vanoggend gesê sy dood was skielik en is ’n groot skok.
Sy sê die familie is oorweldig deur al die reaksie en simpatie. Die familie bedank elkeen vir hul boodskappe en bemoedigende woorde in dié moeilike tye.
Vorige artikel: Bekende inwoner sterf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'