GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het ‘n soektog van stapel gestuur nadat twee verdagtes gister ‘n besigheid van R10 000 kontant beroof het.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha sê die verdagtes het gistermiddag by die winkel in Langstraat ingegaan en die 24-jarige werknemer met ‘n klip aangerand.
Die verdagtes het oor die toonbank gespring en ongeveer R10 000 kontant gegryp voordat hulle gevlug het.
Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'