Update
GEORGE NUUS - Verteenwoordigers van die groep ongelukkige Rosedalers wat betrokke is met protesaksies in hul woonbuurt, is tans by Pacaltsdorp-polisiestasie vir onderhandelinge.
Senior munisipale kommunikasiebeampte Ntobeko Mangqwengqwe het bevestig dat George-munisipaliteit bewus is van die onrus en dat munisipale wetstoepassingsbeamptes saam met die polisie op die toneel vanoggend was.
“Dit is jammer dat die gemeenskap nou toilette afgebrand het nadat hulle die saal twee weke gelede afgebrand het,” het Mangqwengqwe gesê.
“Die munisipaliteit is oop vir samesprekings met die betogers om 'n oplossing vir die situasie te kry, daarom is hulle tans in onderhandeling met die leierskap van die betogers om moontlik 'n vergadering oor hul griewe te hou.”
Vorige artikel: Rosedale brand toilette, bande
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'