Update
GEORGE NUUS - Die bestuurder van 'n silwerkleurige Ford-motor het slegs ligte beserings opgedoen tydens 'n motorongeluk in Knysnaweg vroeër vanmiddag. Hy is nie gehospitaliseer nie.
Die voorval het by die verkeerslig oorkant Pine Lodge plaasgevind.
Volgens onbevestigde inligting het die bestuurder van die Ford beheer oor sy voertuig verloor en die agterkant van 'n Hyundai-motor getref waarna die Ford op sy sykant langs die pad beland het.
Eden911-paramedici het die bestuurder op die toneel behandel.
Die voorval het by die verkeerslig oorkant Pine Lodge plaasgevind. Foto: ER24
Lees 'n vorige artikel: Ongeluk oorkant Pine Lodge
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'