GEORGE NUUS - "Daadwerklike optrede is nou nodig oor die situasie by Voëlklip."
So sê Johan du Toit van die ACDP.
Hy het dié pleidooi vanoggend gelewer tydens die maandelikse vergadering van die George-stadsraad.
Du Toit het verwys na die voorval Dinsdagaand waar Zonita Basson (52) se motor oor die afgrond gegaan het. Volgens hom, is dit hartseer dat nog iemand daar gesterf het.
Hy het namens die ACDP simpatie betuig aan die familie van Basson.
Sean Snyman het ook sy meegevoel uitgespreek teenoor die naasbestaandes van die oorledene.
Lees 'n verwante artikel: Nog 'n tragedie by Voëlklip
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'