GEORGE NUUS - Gedurende die inperkingstyd in 2020, het die ATKV 'n nuwe kompetisie van stapel gestuur. Leerders het die geleentheid gekry om hul eie monoloog te skryf, dit op te voer, en hulself op te neem.
Hierdie jaar het Juanette Spangenberg (gr. 11) en Anja van der Merwe (gr. 9) deelgeneem.
Die kompetisie is deur groot name soos Lea Vivier en Schoeme Grobler beoordeel. Beide die leerders het silwer verwerf en fantastiese terugvoering ontvang.
Juanette is geprys vir haar eerlike vertolking en pragtige stem, terwyl Anja se teks as "boeiend" en sy as 'n "vars briesie" beskryf is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'