Update
GEORGE NUUS - Verskeie skole het verlede week begin met die uitdeel van kos. Rosemoor Primêr, Parkdene Sekondêr, Parkdene Primêr, New Dawn Park Primêr, Conville Primêr, Dellville Park Primêr, Kretzenshoop Primêr, Mzoxolo Primêr, Jonga Street, Heidedal, Geelhoutboom en Imizamo Yethu. Skole soos New Dawn Park en Conville het reeds vroeër verlede week begin met kos wat hulle oorgehad het van die eerste kwartaal, en kospakkies aan ouers oorhandig.
Ruth Miller die waarnemende hoof van New Dawn Park, sê hulle het kospakkies opgemaak vir die langnaweek sodat daardie families darem vir langer as een dag kos op die tafel sou hê.
"Ons sou dan aan elke ouer 'n briefie gee om te sê dat hulle die week kinders moet stuur vir 'n gekookte maaltyd. Kinders sou Dinsdag 14 April en weer Vrydag 17 April gekookte kos by die skool ontvang. Elke leerder moet sy of haar eie houer saambring."
Ook by Rosemoor Primêr sê die skoolhoof, Lionel Muller, dat hulle moes voorberei vir hul gewone aantal leerders wat normaalweg 'n maaltyd by die skool sou ontvang. Volgens hom gee hulle gewoonlik vir sowat 700 leerders daagliks 'n maaltyd. Hulle moes egter nou probeer om ook 'n bietjie ekstra te maak vir leerders van ander skole wat naby woon wat ook nood het.
Marius Jansen van Rosemoor Primêr wys jy moet jou hande skoonhou.
Parkdene Sekondêr het op hul Facebook-blad afgekondig dat leerders skooldrag moet aanhê om uitgeken te word, en hulle sou ook ander leerders help.
Bronagh Hammond, die direkteur van kommunikasie vir die WKOD, sê elke skool besluit self watter dae en tye hulle kos gaan uitdeel. Sover het meeste skole op hul Facebook-blad met ouers en leerders gekommunikeer dat hulle óf Dinsdag óf Vrydag of selfs Woensdae rondom 10:00 of 11:00 kos sou uitdeel by die verskeie skole.
Hammond sê die verantwoordelikheid om veilig te wees, is ook aan elke skool oorgelaat.
Kos word uitgedeel by Conville Primêr. Sam Crowley, die hoof het self ingespring.
Kospakkies wat vir die langnaweek aan ouers van New Dawn Park oorhandig is.
Kretzenshoop het 'n plan gemaak om 'n veilige afstand te hou wanneer leerders kos ontvang.
Vorige artikel: Skole sorg vir kos en kospakkies
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'