Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Skole in en rondom George het vanoggend begin om gekookte kos of kospakkies aan hul leerders en ouers te gee. Rosemoor Primêr se hoof, Lionel Muller, sê hulle gee gewoonlik kos aan sowat 700 kinders.
Hulle het dus weer vir daardie syfer voorberei, maar het ook kos aan leerders in die area van ander skole gegee.
Volgens Ruth Miller, waarnemende hoof van New Dawn Park Primêr, het hulle besluit om die voorraad wat van die eerste kwartaal oorgebly het in kospakkies op te maak en môre, Donderdag 9 April, aan ouers tot gr. 3 te gee.
“Dis ’n langnaweek en so verseker ons dat die hele gesin vir die naweek kos het.”
Sy meen dis een sakkie per huisgesin.
Randal Olhson, hoof van Pacaltsdorp Primêr, het sy ondersteuning gegee aan Miller, deur van hul skool se orige voorraad soontoe te neem.
Dit blyk dat skole sover by die reëls hou; daar is handreinigers, onderwysers het handskoene en maskers aan en leerders staan ten minste een meter uitmekaar.
Sylvia du Plessis, Lena Kafoen, Sarry Malgas en Elsabe Cornelius is die werkers wat normaalweg kos by die skool uitdeel.
Kyk video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'