GEORGE NUUS - In lande waar die meeste burgers gesigmaskers in die openbaar dra en waar dit selfs verpligtend gemaak is, is die verspreiding van die nuwe koronavirus tot 'n groot mate bekamp. Dit is volgens Jeremy Howard, 'n datawetenskaplike van die Universiteit van San Francisco.
Howard het Sondagaand in 'n onderhoud met Carte Blanche gesê statistiek toon dat as ongeveer 50% van 'n populasie maskers dra, die verspreiding met 50% afneem.
As 80% van burgers 'n masker dra, word die virus in sy spore gestuit.
Hy het verwys na the Tsjeggiese Republiek, Suid-Korea, Hong Kong, Singapoer en Japan waar die verspreiding van die virus baie minder is as in lande waar dit vinnig toeneem, soos die VSA, Spanje, Italië en Brittanje. In Japan, waar inperking slegs geld waar uitbrekings ervaar is, is die verspreiding van die virus onder beheer.
Ook die Duitse internasionale televisie- en radio-uitsaaier Deutsche Welle (DW) kom in 'n aanlynartikel tot die gevolgtrekking dat gesigmaskers 'n groot bydrae lewer om die virus te beperk, soos in Japan ondervind is. Dis 'n land wat tipies deur 5,5 miljard gesigmaskers per jaar gaan - 43 per persoon.
Die dra van maskers is deel van hul persoonlike higiëne en hulle word grootgemaak met die dra daarvan.
Howard skryf in 'n artikel (4 April) op theguardian.com dat 'n vyfjaarstudie aan die Universiteit van Hong Kong en die Universiteit van Maryland bevind het dat 'n eenvoudige masker (wat nie pasgemaak is nie), 100% van koronavirusdruppels uitblok.
"Daar is 'n massiewe kloof tussen wat die wetenskap wys en wat baie lande besig is om te doen. Maskers mag die belangrikste wapen in ons oorlog teen die virus wees, maar ons gebruik dit nie," skryf hy.
'Dra van masker gaan kenmerk van lewe in SA word'
Tydens 'n videopraatjie met die DA-leier, John Steenhuizen, op Dinsdag 14 April het die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gesê die DA moet die "party van maskers" word. Maskerdra moet deel word van die Suid-Afrikaanse kultuur.
"Jy het nie 'n chirurgiese masker nodig nie, maar elke Suid-Afrikaner moet 'n lapmasker besit. Die dra van 'n masker gaan 'n kenmerk van die Suid-Afrikaanse lewe word vir 'n baie lang tyd. Ons moet help dat mense maskers kry.
"Dit is belangrik dat 'n mens steeds die gewone higiëneprotokol handhaaf deur hande te was en nie aan jou gesig te vat nie."
'n Mens moet ook nie aan jou masker vat nie en hom nie afhaal voor jy tuiskom nie, waar hy dadelik afgehaal en gewas moet word wanneer jy jou hande was, het Winde gesê.
Die nasionale departement van gesondheid het ook tot ander insigte gekom en waar die aanbeveling aanvanklik was dat maskerdra deur ongeïnfekteerde persone hulle nie noodwendig sal beskerm nie, het minister Zweli Mkhize, verlede week sy departement se ondersteuning vir die dra van tuisgemaakte lapmaskers aangekondig.
Nog voor Mkhize se aankondiging is maskervervaardigingsprojekte in die land begin soos #10 Million Masks en masks4sa.co.za wat Suid-Afrikaners aanmoedig om hul eie lapmaskers te maak of koop.
Die drywers van hierdie projekte raai die gebruik van chirurgiese maskers sterk af omdat dit 'n skaars item is wat eerder vir ons gesondheidswerkers beskikbaar moet wees.
WGO pas aanbeveling oor gesigmaskers aan
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ongeïnfekteerde mense aanvanklik afgeraai om gesigmaskers te dra, maar het nou ook sy aanbeveling verander. Mense word egter gemaan om nie chirurgiese maskers te dra nie, maar tuisgemaakte lapmaskers weens 'n wêreldwye tekort wat gesondheidswerkers se risiko op infeksie met die nuwe koronavirus verhoog.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'