GEORGE NUUS - Die polisie het vandag bevestig dat die liggaam van 'n baba gisteraand, Sondag 18 Augustus, langs die N2 in die bosse agter Rosedale gevind is.
Die kind se ouderdom en geslag sal met 'n nadoodse ondersoek bevestig word.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het voorval bevestig.
Enigiemand met inligting rondom die voorval, word gevra om die Pacaltsdorp-polisie by 044 803 9100 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'