TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
pellie-pellie
b.nw. Iter. van pellie. Oorvriendelik, eie, of enigsins kruiperig, of wat van so ’n houding getuig; sin. tjommie-tjommie (geselstaal): Sy kritici het gehoop dat sy pellie-pellie benadering dalk tog kan help om M. die nodige invloed en gesag te gee sodat hy ... Z. kan help om ’n meer konstruktiewe benadering te volg (Beeld, 11 Aug. 2000, 12).
• Ook byw.: Die twee voer onderlangs ’n gesprek en loop pellie-pellie voort (K. v.d. Merwe in Huisg., 16 Aug. 1974, 16).
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’