Zaan Jantjies, bekommerde inwoner van Syferfontein:
George-munisipaliteit is in die proses om toiletgeriewe te implementeer wat ek nie dink goed deurdink is nie en baie gesondheidsgevare vir die gemeenskap inhou.
Met die gebruik van die toiletge-riewe is dit alreeds baie "unhygienic", en nou het hulle besluit om een of ander toiletgerief te implementeer wat dan onder 5 huisgesinne verdeel en gebruik moet word.
As ek dit reg onthou het George Herald ook 'n tyd terug berig oor 5 spoeltoilette wat hier ingesit is, vir watter rede kan ek nie onthou nie en hier is vandag nie 'n teken daarvan nie ek weet self nie wat met die strukture gebeur het nie.
Die munisipaliteit praat met die gemeenskap deur 'n komitee wat ook maar baie oningelig is oor wat die nuwe geriewe inhou, hulle fokus geensins op veiligheid, higiëne of enige van die ander aspekte wat "in question" is nie.
Die inwoners hier woon alreeds in haglike omstandighede en die slim plan gaan dit net vererger, in my opinie. Meeste van die mense hier is "dependent" vanaf die munisipaliteit so wat ook al voorgestel word moet hulle doodeenvoudig aanvaar.
Hulle het voortgegaan om te noem as ons as gemeenskap die huidiglike toiletdiens wil hou moet ons 'n R1 000 'n maand betaal want die begroting vir Syferfontein kan dit nie langer onderhou nie.
Waar ek terselfdertyd sê hulle sit die begroting se fokus op dinge wat nie so erg van belang is nie, want hoekom nie eerder fokus om 'n noodgemeenskap "outreach" te doen en die mense se inligting korrek op die behuisingsdatabasisse kry en van hierdie hulpelose bejaardes hier uit te kry?
(Brief verkort)
Debra Sauer, munisipale kommunikasiebeampte:
George-munisipaliteit, in sy rol as beskermer van die waardigheid van sy inwoners - ongeag of hulle hulself onwettig in informele gebiede gevestig het - het hom daartoe verbind om sanitasiegeriewe (toilette) te voorsien in ooreenstemming met die nasionaal voorgeskrewe norm van een toilet per vyf huishoudings (1:5).
In sekere gevalle is hierdie verhouding selfs verbeter, afhangende van die spesifieke meriete van huishoudings (byvoorbeeld persone met gestremdhede, rolstoelgebruikers, bejaardes, ensovoorts).
Die raad het hierdie proses aan-vanklik begin met die voorsiening van chemiese toilette.
Met verloop van tyd is egter besef dat dié opsie finansieel onvolhoubaar is, en daar is besluit om alternatiewe te ondersoek wat ook meer higiënies sou wees. Syferfontein is as een van drie geteikende areas geïdentifiseer om in die huidige finansiële jaar voordeel te trek uit die voorgestelde alternatief.
'n Gemeenskapsvergadering is met inwoners van Syferfontein gehou om die oorskakeling van chemiese toilette na alternatiewe "Buffalo-tanktoilette" te bespreek. Tydens die vergadering is daar kommer uitgespreek oor die koste van R1 000 vir individue wat self 'n chemiese toilet sou wou aankoop. Hierdie kommentaar het egter nie van munisipale verteenwoordigers gekom nie. Die geloofwaardigheid van die gemeenskapskomitee is ook tydens die vergadering bevraagteken, alhoewel daar nie verder op die onderwerp ingegaan is nie.
Die doeltreffendheid of geskiktheid van die alternatiewe metode - insluitend die higiëniese standaarde -
is nooit tydens die vergadering bevraagteken nie, en die meer-derheid van die inwoners het die munisipaliteit se voorneme om chemiese toilette met die nuwe metode te vervang, aanvaar. Die enigste kommer wat geopper is, was dat die nasionale 1:5-verhouding moontlik nie voldoende sou wees nie, aangesien dit oor die jare heen verbeter is.
Die raad het oorspronklik die doelwit gestel om die informele nedersetting uit te faseer. 'n Be-sluit is geneem dat inwoners sou geakkommodeer word as deel van die Erf 325 Oos Behuisingsprojek - óf deur 'n huis óf deur 'n erf. Daarna sou die strukture in die informele nedersetting afgebreek moes word. Nie alle inwoners wat hervestig is, het egter hul oorspronklike strukture verwyder nie, en gevolglik het die situasie onveranderd gebly en selfs weer gegroei.
Deur die jare het die munisipaliteit verskeie Imbizos en ander bewusma-kingsveldtogte van stapel gestuur om inwoners aan te moedig om hulself op die behuisingswaglys te registreer om vir 'n behuisingsgeleentheid oorweeg te kan word.
Die munisipaliteit het deurgaans die belangrikheid van die 1:5-verhou-ding beklemtoon en aangedui dat dit slegs binne die raad se bevoegdheid is om daardie verhouding aan te pas om gevalle met spesiale behoeftes te akkommodeer.