Christo Buchner van Danabaai:
Pure plesier van leesgenot. En dit alles vir net R5.
Jy sal nie sommer iewers die waarde vir geld kry wat verskaf is met 8 Mei se George Herald nie.
Die nabetragting van die tragedie is uitstekend hanteer. Dit was inderdaad leesstof van gehalte, hoe emosioneel dit ook al was. Dan was die foto van Bond en sy baas ook besonders.
Die nagereg van hierdie smullekker-koerant was die berig oor Charné Potgieter van Hoërskool Outeniqua. Haar ma-brief was emosioneel en wys oor watter talent hierdie jong dame beskik.
George Herald kan hulself 'n klop op die skouer gee vir hierdie pronkstuk van 'n uitgawe.