Ek wil graag die George-munisipaliteit prys vir hulle uitstekende diens. Ek het Donderdag 15 Mei ‘n e-mail aan die munisipaliteit gestuur oor die potholes in ons straat.
Nie lank daarna nie, toe kry ek ‘n antwoord met ‘n verwysingsnommer.
Dieselfde middag het ‘n groot groep werkers die straat kom herstel en sommer vinnig al die gate reggemaak. Ongelooflike goeie diens. ‘n Groot dankie!