GEORGE NUUS - Die bekende orrelis van Graaff-Reinet, Noël-Jean Creil, vertrek binnekort op sy jaarlikse Europese orreluitvoeringstoer deur Duitsland, Engeland, Skotland en Italië.
Die verblydende nuus is dat hy, voor sy vertrek, twee optredes in die NG Kerk, Langstraat, Groot-Brakrivier op Donderdag 5 Oktober en Vrydag 6 Oktober gaan aanbied.
Beide konserte begin om 13:00.
Kaartjies sal vanaf 12:00 by die deur te koop wees teen R40 per persoon.
Soos in die verlede, sal daar twee programme wees, dus is Vrydag se program nie 'n herhaling van Donderdag s'n nie.
Vanjaar is die Herdenking van Martin Luther, wat 500 jaar gelede sy 95 Stellinge aan die deur van die kerk te Wittenberg gespyker het en sal daar van sy musiek ook in die konsert ingesluit wees.
'n Pas voltooide werk van Creil naamlik die Glorificamus Deo! sowel as Mozart, Felix, Felix Mendelssohn Bartholdy, en Guilmant sal deel uitmaak van die konsert wat die begin van sy toer aankondig.
"Soos twee jaar gelede, is hierdie optredes die begin van my Europese toer, " het Creil gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'