Die eerste konsert van die seisoen is om 13:10 op Woensdag 7 Oktober in die NG Moederkerk - pragtige orrelmusiek deur die gevierde orrelis Gerrit Jordaan, en koorklanke deur die NG Kerk Hartenbos se koor onder leiding van Marianne Rust. Die konsert duur ongeveer 50 minute. Toegang is gratis en luisteraars kan hul waardering toon met donasies by die deure.