Hulle is die eerste groep waterpolospelers uit dié provinsie om aan 'n nasionale toernooi deel te neem.
Die SWD het een 0.16- en twee 0.19-spanne wat vandeeesweek aan die SA Skole se nasionale kampioenskappe deelneem.
Volgens die voorsitter van SWD-waterpolo, mnr. Kyle Langman, is waterpolo in die provinsie nog in sy kinderskoene sedert die aanvoerwerk sowat 'n jaar gelede begin het toe 'n groep energieke groep seuns van die Hoërskool Outeniqua begin speel het.
Dit het gou uitgekring en kort voor lank het skole van George en Knysna teen mekaar begin meeding. Met die toetrede van ouers en onderwysers om te help met die afrigting, het waterpolo skielik 'n lewe van sy eie gekry en het al meer seuns en dogters begin deelneem.
Sedertdien is verskeie skole in die Suid-Kaap betrek en vroeër vanjaar is die eerste proewe gehou om die drie spanne vir die nasionale toernooi te kies. Daar is tans net 'n 0.19-dogterspan, maar die seuns neem in die ouderdomsgroepe 0.16 en 0.19 deel. Die spanne word deur Arthur Squire, James Dodington en Hanno Janse van Rensburg afgerig.
.jpg)
Die SWD het vir die eerste keer drie waterpolospanne na die SA Skole se nasionale kampioenskappe in Port Elizabeth gestuur. Die groep van 41 kom van skole in George, Knysna, Mosselbaai, Plettenbergbaai en Sedgefield. Die plaaslike spelers het Maandag saam met hul drie afrigters van die Hoërskool Outeniqua af vertrek vir die toernooi. Foto: Hugo Redelinghuys