Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Nie eers die reën kon vanmiddag die geesdrif demp op die tweede dag van die Wes-Kaap A swemkampioenskappe nie.
Dit vind by die Conville-swembad plaas. Die kampioenskappe het gister (Vrydag) begin en duur tot Dinsdag.
Die amptelike opening het vanmiddag plaasgevind en is deur onder meer deur Brendan Adams, 'n burgemeesterskomiteelid van die George stadsraad, bygewoon.
FOTOGALERY: Wes-Kaap A Swemkampioenskappe by Conville swembad
Tydens die openingsgeleentheid is die land se volkslied gespeel. Altesaam 440 swemmers van regoor die provinsie neem deel.
Lluwellyn Coetzee, president van Wes-Kaap Swem en ook Eden Swem, het gesê die kampioenskappe is die grootste swem geleentheid in die provinsie.
VIDEO - Wes-Kaap A swem kampioenskappe aan die gang:
VIDEO - Volkslied gespeel
VIDEO - Kyk hoe swem ons:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'