SUID-KAAP NUUS - Altesame 138 hengelaars het verlede Saterdag by Stilbaai aan die Eden-hengelvereniging se agtste somerliga-byeenkoms deelgeneem.
George-hengelklub het die beste gevaar en 466.07 punte ingesamel.
Riaan Heunis, van George-hengelklub, was die tophengelaar van die dag met 197.75 punte. Sy klubmaat, Marius Baard (o.21) was die beste junior hengelaar met 116 punte.
Die beste o.16-junior was Jaunco Bosshoff van die Atlantic-hengelklub in George met 11.06 punte.
Die grootste eetbare vis - 'n geelstert van 14.75 kg - is deur Bernard van Wyk (George-hengelklub) gevang en die swaarste oneetbare vis was 'n skeurtandhaai van 193.27 kg, wat deur Riaan Heunis (George-hengelklub) ingeweeg is.
Altesame 1737.38 kg vis is gevang waarvan 381 oneetbaar was en 42 eetbaar. Daar het 138 hengelaars aan die liga deelgeneem.
Die puntelys lyk só na die agtste byeenkoms:
A-liga
1. Stilbaai 1309.88; 2. George 1008.73; 3. Knysna 701.41; 4. Triton 690.36; 5. Outeniqua 519.73; 6. Atlantic 391.78; 7.
Mosselbaai 145.54 .
B-liga
1. Stilbaai 465.67; 2. George 445.01; 3. Triton 355.58; 4. Atlantic 296.71; 5. Knysna 168.91; 6. Outeniqua 126.94; 7. Weermag 1.21 .
C-liga
1. George A 291.33; 2. Stilbaai C 248.30; 3. Atlantic A 166.99; 4. Triton 67.69; 5. Outeniqua 51.68; 6. Atlantic B 14.47; 7. George B 1.12; 8. Knysna C 0.79.
Die top-5-hengelaars:
1. AJ De Beer ( Stilbaai) 276.39; 2. Riaan Heunis (George) 241.94; 3. Marius Baard (George) 223.78; 4. Raldo Potgieter (Stilbaai) 215.25; 5.
Dirkie Saayman (Stilbaai) 194.55.
Die volgende kompetisie is op Saterdag 28 April by Boggomsbaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'