TENNIS NUUS - Die Wesbank-tennisklub is na twee wedstryde in vanjaar se gemengde ligakompetisie van die Eden-tennisvereniging nog onoorwonne na 'n oorwinning van 5 - 1 Saterdag oor die gedugte span van George.
"Dit was fantasties," het Jacques de Beer, kaptein van Wesbank, na die wedstryd gesê.
Wesbank se Marcell Petzer en Madri van Wyk moes in die eerste wedstryd alles uithaal om vir George Wallace en Ronel Louw te klop.
Hulle het uiteindelik die kragmeting met 'n valbylpot in die derde stel beklink.
Hierna het George se Charl Opperman en Annalise Potgieter vir Josh Daniel en die jong Tameré Stewart met 6 - 4, 7 - 5 geklop om die telling 1 - 1 te maak.
Wesbank het met skitterspel die volgende vier wedstryde gewen om uiteindelik met 5 - 1 te seëvier.
Wesbank se volgende wedstryd is op 22 Februarie teen Hartenbos in Hartenbos.
Die spanne van Wesbank en George is voor, van links: Antoinette Grobler, Ronel Louw, Annalise Potgieter, Rida Bester, Madri van Wyk en Tameré Stewart. Agter: Charl Opperman, George Wallace, Flip Theron, Jacques de Beer, Marcell Petzer en Josh Daniel. Foto: Garnett Wicomb
Die tellings was soos volg:
Jacques de Beer en Rida Bester klop Flip Theron en Antoinette Grobler 6 - 3, 6 - 0.
Marcell Petzer en Madri van Wyk klop Charl Opperman en Annalise Potgieter 6 - 2, 7 - 6.
Josh Daniel en Tameré Stewart klop Flip Thern en Antoinette Grobler 6 - 1, 6 - 1.
Jacques de Beer en Rida Bester klop George Wallace en Ronel Louw 6 - 3, 6 - 3.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’