TENNIS NUUS - Plaaslike junior tennis-spelers het George se naam hoog gehou tydens die PNB Paribas RCS Group Rising Stars wat die naweek van 18 en 19 Augustus plaasgevind het.
Lizelle Fourie, mede-eienaar van Great Tennis Academy, het Dinsdag gesê elke provinsie bied so 'n toernooi aan en dan gaan die wenners deur na 'n nasionale geleentheid. Dis 'n inisiatief van Tennis SA.
Verlede naweek is die plaaslike geleentheid vir laerskool seuns en dogters gehou. Die seunsafdeling is deur die span van Laerskool George-Suid gewen en die dogters deur Laerskool Hartenbos.
'n Seunspan van Life Christian Academy, Thembalethu het ook aandag getrek nadat die span vyfde geëindig het. Altesaam agt plaaslike skole het deelgeneem.
Dit was die eerste keer dat Life Christian Academy Thembalethu deelgeneem het.
Volgens Fourie moet in gedagte gehou word dat daar eers vyf jaar gelede met tennis by so 'n skool begin is. "Dis 'n fantastiese prestasie en die spelers het beslis talent."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’