TUINROETE TENNISNUUS - Die Oakdale o.15A-tennisspan het die naweek van 15 Februarie aan die Boland Landbou-tennistoernooi in die Paarl deelgeneem.
Die span het Hoërskool Stellenbosch, Hoërskool Hugenote en Paarl Gimnasium gewen en slegs teen Paarl Boys High verloor.
Die Oakdale-span eindig derde uit twaalf skole.
Die uitblinker-tennisspan is, van links: Schalk Meintjés (George-omgewing), Gustav van der Merwe, Jaco Lamprecht, Frans Marais (spanbestuurder), Francois Bischoff (afrigter), Roy Viljoen, Marcel Orffer en Conrad Heyns.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'