Vir die eerste keer is ‘n tennistoernooi toegevoeg tot die Kaasfees in samewerking met GR8 Tennis. Dit is van 10 tot 12 Junie by Hoërskool Outeniqua se tennisbane aangebied en het die vorm ‘n round robin aangeneem.
Daar was oor die 40 inskrywings.
Lizelle Fourie, eienaar van GR8 Tennis het gesê: "Die kinders het dit vreeslik geniet en ek is baie bly dat daar vir die tennis- spelers ook voorsiening gemaak is. Ek is seker dat dit elke jaar al hoe gro-ter en groter sal word."
Tydens die Top Gear/Safari Farmland Run was die organiseerders geseënd met ‘n lieflike, sonnige wintersoggend.
Ten spyte van die feit dat die wedloop ‘n week ná die be-kende Comrades Ultra Marathon aangebied is, het getalle in die 21km, wat hierdie jaar ook die ASWD-kampioenskappe was, gegroei vanaf 109 tot 124 atlete. Die 10km-wedloop is ook goed ondersteun deur plaaslike atlete. Inskrywings was 159 in 2009 en hierdie jaar het die inskrywings gegroei tot 169.
Die prethardloop is veral deur leerders van die skool en hul ouers ondersteun.
Basil Arendse van die Riverdal Superkids het al die pad van Riversdal met sy skoliere gery om hier te kom hardloop.
Die Kaasfees-organiseerder, Desire Fouché en die Oute-niqua Harriers wat die geleentheid elke jaar saam aanbied, wil die volgende partye bedank: Die Van Greunen Broers vir die beskikbaarstelling van hul grond vir die wedlooproete asook vir die 4 Brothers-aartappelstoor vir die begin en wegspring, en die borge Topgear en Safari sonder wie se bydrae die wedloop nie so ‘n groot sukses kon wees nie.
"Dankie ook aan Coke vir die leen van hul musiek- waentjie en die koeldrank wat ná afloop van die wedloop aan atlete gegee is.
"Dankie aan Topgear, Safari, Chass Everitt, Engel en Volkers asook die personeel van die Outeniqua Laerskool vir die bemanning van die watertafels op die roete oor die plaas. Daarsonder sou die wedloop voorwaar ‘n beproewing gewees het vir die atlete," het Fourie gesê.
.jpg)
Vanjaar se tennistoernooi, ‘n eerste by die Kaasfees, was ‘n reuse sukses met baie inskrywings.