Gallery
GEORGE RUGBY-NUUS - Die eerste Zeal Men's Movement-raakrugbykliniek het op Saterdag 4 September by die sportterrein in Rooirivierrif plaasgevind.
Zeal is 'n nie-winsgewende Christelike beweging wat in 2018 op die been gebring is deur 'n groep plaaslike mans met die doel om uit te reik na mans en seuns in Blanco.
Dié kliniek volg ná 'n groep jongmans van die omgewing elke Dinsdagaand om 17:00 saam met die manne van Zeal raakrugby op die veld in Georgeweg, Blanco, begin speel het.
Soms is daar soveel as 25 spelers op die veld. Dié oefening het gelei tot die idee van 'n kliniek met die doel om die spelers beter te bevoeg om eendag aan toernooie te kan deelneem.
Fotogalery: Eerste Zeal Men's Movement-raakrugbykliniek
Die prettige kliniek is een van hopelik vele meer wat gaan volg en enigiemand van Blanco is welkom om deel te neem.
Zeal is tans in George gebaseer, maar die idee is om later uit te brei na ander dorpe en dele van die land. Saterdag se kliniek het nie net 'n geleentheid vir die jongmans gebied om te speel nie, maar voormalige Springbok Zane Kirschner, het ook 'n motiveringspraatjie gelewer wat vir die spelers op 'n video gespeel is. Elke speler is ook met hul eie opwarmingshemp beloon.
LINKS: Ashaan Ahrends (middel) word gestop deur sy teenstaanders, Ishlon Jansen en Duran Malgas.
Enigiemand wat by Zeal betrokke wil raak of enige donasies wil maak kan hulle by www.zealmen.co.za kontak.
Die groep spelers saam met lede van Zeal Men's Movement.
BO REGS: Riwaldo Goliath (met bal) word deur Lee-Roy Johseph en Reagan Coeries in sy spore gestuit terwyl sy spanmaat Duran Malgas, nader kom vir ondersteuning. Foto's: Kristy Kolberg
Riwaldo Goliath (met bal) word deur Lee-Roy Johseph en Reagan Coeries in sy spore gestuit terwyl sy spanmaat Duran Malgas, nader kom vir ondersteuning.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'