Video
RUGBYNUUS EN VIDEO - Die A-afdeling van die SWD-premierliga het ‘n nuwe beker. Die nuwe beker is vanmiddag, 2 November, op Outeniquapark deur Bredan Adams, burgemeesterskomiteelid vir sport van die George-stadsraad, aan Ben Brinkhuis, president van SWD-rugby oorhandig.
Dit is nog nie duidelik watter rugbyspanne aanstaande Saterdag, 11 November, om 16:00 op Outeniquapark om die trofee gaan meeding nie.
Dit sal eers duidelik wees na eerskomende naweek want die halfeindstryde moet nog beslis word.
Adams het die trofee geskenk en dit is ontwerp deur Dudley Jacobs.
Adams het by die oorhandiging gesê die trofee gee ‘n aanduiding van hoe belangrik klubrugby in die streek en vir die munisipaliteit is.
Brinkhuis het sy dank teenoor Adams en die stadsraad/munisipaliteit uitgespreek. Hy het gesê dis ‘n riem onder die hart.
VIDEO - Brendan Adams van die George-stadsraad en Ben Brinkhuis, president van SWD Rugby oor die nuwe trofee: (Video:Eugene Gunning)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’