GEORGE RUGBY-NUUS - Van die land se topskole gaan weer van Vrydag 15 Maart tot Woensdag 20 Maart aan die 25ste Canon Smart Office Connection Kwagga junior rugbyweek vir o.14- en o.15-spanne by Hoërskool Outeniqua deelneem.
Wedstryddae is op Saterdag 16 Maart, Maandag 18 Maart en Woensdag 20 Maart.
Dié week word sedert 1995 aangebied en het sedertdien tot die grootste junior rugbyweek in die land gegroei. Vanjaar gaan daar 42 spanne deelneem. Veral die o.14-spanne wat deelneem, verteenwoordig die toprugbyskole in Suid-Afrika.
Die openingseremonie is op Vrydag 15 Maart op die A-veld waar al die spanne bekendgestel gaan word. Enigeen is welkom om dit by te woon.
Vir toeskouers word daar heelwat stalletjies bedryf waar iets te ete en te drinke gekoop kan word.
Met meer as 1 000 leerders, afrigters en ouers wat gaan saamtrek vir dié gewilde rugbyweek, gee dit ook aan George 'n 'n lekker finansiële inspuiting.
Mense wat betrokke wil raak, kan gerus Hoërskool Outeniqua bel.
Heerlike ontbyte en middagetes kan ook geniet word tydens die wedstryde by Hoërskool Outeniqua se eie restaurant, die bekende Kwagga Cuisine.
Toegang is R10 per volwassene per dag.
Hoërskool Outeniqua het sy dank uitgespreek teenoor sy hoofborg, Canon Smart Office Connection, George, asook aan die medeborg, Spar Wellington Square sonder wie se ondersteuning dié toernooi nie haalbaar sou wees nie.
Vir enige navrae bel vir Pieter Cloete by 084 432 5556.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'