Gallery
GEORGE RUGBY NUUS - Hoërskool George se eersterugbyspan het Saterdagmiddag vir PW Botha-kollege op sy tuisveld oortuigend met 52-17 gewen.
Rustyd was die wenspan reeds met 19-17 voor.
Die wenspan se opwindende agterspelers het net te veel spoed en balvaardighede vir die tuisspan gehad.
Voorlangs het hulle ook die kitaar geslaan. Met die baie balbesit het hul agt pragdrieë gedruk.
Jaylen James (losskakel) van die wenspan, wat altesaam 17 punte aangeteken het met 'n drie en ses doelskoppe, was ongetwyfeld die beste speler op die veld.
Sy taktiese skoppe, oog vir 'n gaping, puik balverspreiding en rotsvaste verdediging het die tuisspan hoofbrekens gegee. James is definitief 'n talentvolle speler wat vorentoe sy merk kan maak in SA rugby.
Vir die wenspan agter die skrum, het hul skrumskakel, Dylan Smith, wat 'n driekuns behaal het, geskitter. Rivaldo Gertse (regtervleuel) het ook met sy spoed die oog gevang.
Voorlangs was Francois Cummings (agtsteman), Romondo Joseph (slot) en Rovan Jumat (vaskopstut) die wenspan se ysters. Josephs is aangewys as hul speler van die wedstryd.
Vir P W Botha het Abrian Willems (losskakel), Abongile Koeberg (agtsteman), Mvuyisi Gwavu (flank), Roderick Thomas (slot) en Marco Titus (haker) uitgeblink.
Keith Roy Kiewiets (Hoërskool George o.19A) soek 'n gaping in PW Botha se verdediging.
Puntemakers:
George Hoër o.19A 52 (19): Drieë - Rivaldo Gertse (regtervleuel, 2), Jaylen James (losskakel), Dylan Smith (skrumskakel, 3), Francois Cummings (agtsteman), Allistiar Nortje (flank). James slaag ook met 6 doelskoppe.
P W Botha Kollege o.19A 17 (17): Drieë - Mvuyisi Gwavu (flank), Curtley Jacobs (vaskopstut). Ashaan Ahrends (skrumskakel) slaag met 2 doelskoppe en 'n strafdoel.
Ander uitslae en puntemakers:
George Hoër o.19B (19): Drieë - Gregon Muller (skrumskakel), Clyde Bruiners (agtsteman), Jason Kannemeyer (plaasvervanger). Calvin Micheal (losskakel) slaag met 2 doelskoppe.
P W Botha o.19B (5): Drie – Alwino Goliath (agtsteman).
P W Botha o.16A (13): Drie – Jordan Beukes (binnesenter). Brent Ruiters (losskakel) slaag met 'n skepdoel, doelskop en strafdoel.
George Hoër o.16A (10): Drie - Renaldo Rondganger (skrumskakel). Heathwin Lottering (losskakel) slaag met 'n doelskop en 'n strafdoel.
George Hoër o.15A (24)
P W Botha o.15A (3): Ethan Erasmus slaag met 'n strafdoel.
George Hoër o.14A (24): Drieë - Rayvan Cupido (linkervleuel, 2), Keanan Jacobs (slot), Daylin van Koppen (flank). Brenco de Kock (heelagter) slaag met 2 doelskoppe.
P W Botha Kollege o.14A (10): Drieë - Reagan Reineveldt (slot), Craig Junior Nelson (linkervleuel).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'