GEORGE NUUS - Moenie verbaas wees as truie van die Britse en Ierse Leeus en die Springbokke eersdaags langs mekaar teen 'n muur van die sportklubhuis van Hoërskool Outeniqua pryk nie.
Die truie behoort aan Armand en Duhan van der Merwe. Armand het al vir die Springbokke uitgedraf en Duhan was onlangs een van die Britse en Ierse Leeus se uitblinkers toe hulle in Suid-Afrika getoer het.
Beide die broers was leerlinge aan Hoërskool Outeniqua.
Duhan het na die Leeus se toer by sy familie in George gekuier. Kort voor sy onlangse terugkeer het hy eers hy 'n draai gaan maak by sy alma mater waar hy een van sy truie aan die skool geskenk het.
Die trui is in ontvangs geneem deur Christo Vorster, hoof van die skool en Piet Cloete, adjunkhoof van sport. Cloete het Duhan destyds afgerig en 'n groot rol in sy rugbyloopbaan gespeel.
Duhan van der Merwe (heel links) terug by sy ou alma mater.
Cloete het gesê die skool was opgewonde oor Duhan se besoek. Al die junior seuns, wat nie eksamen geskryf het, het die geleentheid bygewoon.
"Die trui sal 'n spesiale plek kry by die skool. Ons beoog om dit saam met 'n Springboktrui van Armand te laat raam en by die klubhuis op te hang.
"Daar is min, indien enige skole, wat kan sê dat hulle broers gehad het wat vir die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus gespeel het.
"Ons is regtig baie trots op Armand en Duhan. Hulle het beide die hoogste louere behaal. Ons hoop dat hulle eendag saam by die skool besoek kan aflê en dat ons dan 'n spesiale toekenning aan hulle kan maak,"
Duhan van der Merrwe vra Nika Badenhorst in Dubai om aan hom verloof te raak.
Duhan van der Merrwe en Nika Badenhorst kort nadat hulle in Dubai verloof geraak het.Kort nadat Duhan na die buiteland teruggekeer het, het hy en Nika Badenhorst in Dubai verloof geraak. Van der Merwe het die jawoord op 'n seiljag gevra. Badenhorst is oorspronklik van Johannesburg. Hulle het mekaar ‘n paar jaar gelede in Pretoria ontmoet toe Van der Merwe vir Tukkies (Universiteit van Pretoria) rugby gespeel het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'