Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Raakrugby word vandag, Vrydag 16 Desember, by Wildernesstrand gespeel as deel van die George Africa Tens sport-en leefstylfees. Dié het reeds Donderdag begin met gholf.
Daar word ook meegeding in onder meer rugby (10 kode, mans en vrouens, seuns en dogters), veldlope. bergfietsry, vlugbal en netbal.
Die 10 kode rugby het vanoggend op Outeniquapark begin en die finale vind Sondag plaas.
Die vlugbal vind môre, Saterdag op Wildernesstrand plaas.
FOTOGALERY: Touchies op die strand by Wildernes
Daar was vanoggend groot opgewondenheid vir die raakrugby. Altesaam 12 spanne neem deel en 'n wedstryd duur 10 minute.
Terwyl spanne besig was met opwarmingsoefeninge is 'n kanaal by die Touwrivier groter gemaak. Die rivier mond in die see uit. Dit is gedoen as voorsorgmaatreel vir die verwagte swaar reën wat vanaand oor die gebied kan uitsak.
VIDEO: Ons wil raakrugby speel
VIDEO: Dis lekker raakrugby op die strand
VIDEO: Voorsorg vir as dit erg reën
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'