GEORGE NUUS - Eerskomende vakansie, vanaf Woensdagaand 28 Maart tot Maandag 2 April, bied Hoërskool Outeniqua bied weer die Canon Kwagga Junior Rugbyweek vir o.14- en o.15- rugbyspanne aan.
Dié week word sedert 1995 aangebied en het gegroei tot waarskynlik die grootste junior rugbyweek in die land. Vanjaar gaan daar 40 spanne deelneem. Veral die o.14-spanne wat deelneem verteenwoordig die toprugbyskole in Suid-Afrika.
Wedstryde vind plaas op Donderdag 29 Maart, Saterdag 31 Maart en Maandag 2 April by Hoërskool Outeniqua. Die openingseremonie is op Woensdagaand 28 Maart om 19:00 en almal is welkom om dit by te woon.
Piet Cloete, sporthoof van die Kwaggas, sê hulle verwag ongeveer dat 1 000 leerders, afrigters en ouers in George gaan saamtrek vir hierdie sportweek, wat ook 'n lekker finansiële inspuiting vir die dorp gaan wees.
Hy het groot lof vir die hoofborg, Canon George, en Manie du Toit van Living Ball en Henro Smit van Ramble gehad vir hul bydrae tot die toernooi.
Mense wat betrokke wil raak kan gerus met Hoërskool Outeniqua skakel.
Heerlike ontbyte en middagetes kan ook geniet word tydens die wedstryde by Outeniqua se eie restaurant, die Kwagga Cuisine.
Toegang is R10 per volwassene per dag.
Vir enige navrae bel vir Pieter Cloete by 084 432 5556.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'