GEORGE NUUS - Die Rebel-viertrekklub van George het 'n nuwe speelplek op 'n plaas naby Glentana gekry wat hulle Saterdag 14 April gaan inwy.
Christie de Kock en Gys van Vuuren (foto) is twee viertrekkers wat hul vernuf of die nuwe baan gaan uittoets. Alle klasse, van ekstreem tot standaard, gaan deelneem. Privaat inskrywings is altyd welkom.
Die inskrywingsgeld is R350 en inskrywings begin reeds om 07:00. Die byeenkoms begin om 09:00. Volwassenes betaal R50 toegansgeld, maar kinders jonger as 12 kan gratis inkom.
Daar sal aanwysingsborde wees.
Vir navrae bel Etienne Jacobs (senior) by 082 558 7037.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'