GEORGE NUUS - Sieg Minnie jr, wat deur sensei Jannie le Grange van George Goju Ryu onderrig word, is gekies om Suid-Afrika by die vyfde Wêreld Gujo Ryu-karatekampioenskappe in Maleisië te verteenwoordig.
Dié kampioenskappe word van 14 tot 26 September aangebied.
Maar daar is 'n groot struikelblok in sy pad: die groot onkoste verbonde aan sy deelname. Om sy droom te verwesenlik het Sieg finansiële hulp of borge nodig om die Maleisiese besoek te verwesenlik. Anders is Jan Tuisbly se karretjie sy voorland.
Die toer gaan hom R23 000 uit die sak jaag.
Indien daar enige besighede of individue is wat hom dalk wil help met borgskappe of donasies om sy kostes te dek, kan hulle dit op een van die volgende maniere doen:
https://www.backabuddy.co.za/help-sieg-get-to-malaysia of 'n direkte inbetaling doen aan A Minnie, Capitec, spaarrekeningnommer 1558027228.
Vir enige verdere inligting of navrae bel Sieg by 073 747 4498.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'