Uit 16 spanne het Jaco Brink, Valie Enslin, Martel Jacobs en Hugo Moolman ‘n vyfde plek behaal. Brink het verder daarin geslaag om te kwalifiseer vir die SA-span wat moontlik later vanjaar teen ‘n span van België gaan meeding.
Jaggeweerskiet is ‘n skietsport waar jagters met hul standaard-jaggewere onder nagebootste jagtoestande skiet na volgrootte papierteikens van vlakvarke, springbokke, rooibokke en blesbokke op afstande wat kan wissel van 50 tot 250 meter.
Die oefening sluit ook twee ‘gong’-bane in waar 200mm pantserstaal-skywe opgehang word as teikens op afstande wat wissel van 200m tot 350m.
Daar word uit die lê-, sit-, en staanposisies geskiet en rotse en boomstompe word soms as ruste gebruik. Daar is geen beperking op gewere, visiere, teleskope en kalibers nie.
Afstande na die teikens is onbekend en dit word aan die skut oorgelaat om afstande, windspoed en ander faktore te kan oordeel. Die sport se uiteindelike doel is om jagters se skietvermoë onder natuurlike omstandighede te verbeter.
_jpg (Small).jpg)
Die spanlede wat hul SWD-kleure verwerf het, is van links Jaco Brink, Valie Enslin, Martel Jacobs en Hugo Moolman.