Die SWD het altesame vyf van die 21 pryse gewen wat deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, in samewerking met die Wes-Kaapse Provinsiale Sportkonfederasie, aangebied is.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, het al voorheen gesê die SWDSR gee sterk leiding in die bestuur van Wes-Kaapse sport en dat verskeie van die SWDSR se uitvoerende bestuurslede leidende rolle in die Wes-Kaap Provinsiale Sportkonfederasie (WKPSK) speel.
Hieronder is Goliath Munro, president, Dave van der Walt, algemene sekretaris, Amanda Stripp, voorsitter van die vroue- en dogterskomitee, Reggie Deysel, voorsitter: plaaswerkerskomitee, Abri de Swardt, visevoorsitter: afrigterskomitee, en Desmond Speelman, lid van die WKPSK se uitvoerende bestuur.
Die SWD se ander pryswenners is: Anél Oosthuizen (junior sportvrou van die jaar), Henry Rhoode (vrywilliger van die jaar), Immiraan Malgas (inheemse sportster van die jaar vir jukskei), Oudtshoorn Vaardigheidskool (ontwikkelende skool van die jaar vir toutrek) en Georgou Divaris (skole sportman van die jaar vir seiljag).
Die SWD se junior fietsryspan asook Lee Arries (ontwikkeling) is ook vereer.
FOTOGALERY
_606505759.jpg)
De SWD se junior fietsryspan is ook vereer. Hier staan hulle by dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'