TUINROETE NUUS - Bykans 1 250 drawwers en stappers het op 14 Maart by die wegspringstreep aangetree vir die Pie Run in Klein-Brakrivier, ’n gewilde gemeenskapswedloop wat jaarliks deur De Kleine Loerie Bakkery en die Nedbank Running Club aangebied word.
Die byeenkoms het vanjaar ’n nuwe 21,1 km-roete ingesluit, saam met die bestaande 10 km- en 5 km-wedlope.
Dit was ’n dag van samesyn, pret en sportiewe gees. Van vroegoggend af was die bakkeryspan besig om varsgebak voor te berei vir deelnemers ná die wedloop.
Die geur van varsgebakte kolwyntjies en warm koffie het deelnemers by die eindpunt verwelkom, terwyl hulle entoesiasties aangemoedig is al langs die pragtige kusroete.
Organiseerders het hul dank uitgespreek teenoor deelnemers, borge en ondersteuners, en veral die Nedbank Running Club, wat die geleentheid jaar ná jaar help moontlik maak.
Die afskopIn die 21,1 km-wedloop het Lloyd Bosman van Nedbank SWD eerste oor die wenstreep getree in ’n tyd van 1:06:54, ’n prestasie wat hom goed voorberei vir die Two Oceans Ultra Marathon in April. Sy spanmaats Selwyn Matthews en Ettiene Plaatjies het onderskeidelik tweede en derde geëindig.
In die vroue-afdeling het Nikki Walters van die Knysna Marathonklub gewen, gevolg deur Melissa van Rensburg en Nerida Lubbe, albei van Nedbank SWD.
Bruce Maboza het die 10 km-wedloop gewen, terwyl Jandri Snyders eerste in die vroue-afdeling geëindig het.
Die volgende Pie Run vind plaas op 13 Maart 2027.
Mans wenners: Van links is Ettiene Plaatjie, Lloyd Bosman en Selwyn Matthews saam met Morne Gricius van De Kleine Loerie.
Die pryswenners in die ope afdelings is soos volg:
21.1km Ope
Mans
- Lloyd Bosman (Nedbank SWD) 1:06:54
- Selwyn Matthews (Nedbank SWD) 1:11:39
- Ettiene Plaatjies (Nedbank SWD) 1:11:46
Dames
- Nikki Walter (Knysna) 1:27:25
- Melissa van Rensburg (Nedbank SWD) 1:29:56
- Nerida Lubbe ((Nedbank SWD) 1:31:07
10km Ope
Mans
- Bruce Maboza (Nedbank SWD) 32:06
- Austin Koopman (Nedbank SWD) 33:04
- Luwellyn du Toit (Coatline) 35:31
Dames
- Jandri Snyders (Hartenbos) 38:33
- Annatjie Botes (Boxer) 47:04
- Ashrica Booysen (Knysna) 48:18
René Combrink, Rina Pretorius en Casandra Visagie. ‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’