Die dag word geborg deur Safari & Outdoor met pryse ter waarde van R40 000 op die spel.
Jagters skiet met hul standaard jaggewere na volgrootte papierteikens van vlakvarke, springbokke, rooibokke en blesbokke op afstande wat kan wissel van 50 tot 250 meter. Die oefenig sluit ook twee 'gong' bane in waar 200mm staalskywe opgehang word as teikens op afstande wat wissel van 200m tot 350m.
Daar word uit die lê-, sit-, en staanposisies geskiet en rotse en boomstompe word soms as ruste gebruik. Daar is geen beperking op gewere, visiere, teleskope en kalibers nie. Afstande na die teikens is onbekend en dit word aan die skut oorgelaat om afstande, windspoed en ander faktore te oordeel.
Dertig rondtes word benodig maar bring ook genoeg ammunisie om voor die tyd seker te maak dat jou teleskoop reg ingestel is.
Die kompetisie vind plaas op die plaas van Weeber Truter en aanwysings is as volg:
Vanaf George:
Neem Oudshoorn/Uniondale-pad en hou regs (Uniondale) by vurk. Neem die Eseljagpad (links), 20km na vurk. Gaan deur die poort (7,5km) en volg aanwysings.
Vanaf Oudtshoorn:
(Indien die pad oop is) Neem Heimersrivierafdraai na links op pad na George (sowat 30km uit Oudtshoorn). Na ± 8km is daar ‘n kruispad met ‘n plaashuis aan die regterkant. Gaan reguit oor. Ry vir ± 7km en hou regs by vurk. Draai na sowat 3km regs by aanwysing.
Program:
08:00 – 10:00: 'Inskiet' van gewere
08:00 – 10:00: Registrasie (geen inskrywings word na 10:00 aanvaar nie)
09:00: Kompetisie begin
Die baan sluit stiptelik om 15:00.
Prysuitdeling begin sodra die tellings verwerk is. Daar is afdelings/pryse vir penkoppe (juniors jonger as 14), juniors (14-16), mans, vroue, seniors, veterane, asook ‘n opeklas.
Inskrywinsgeld beloop R120. Verversings sal te koop aangebied word.
Navrae:
Jimmy Farnham 082 800 1964 of jimmyf@mweb.co.za
Hugo Moolman 083 375 3637 of hugom@bjm.co.za
Jaco Brink 082 559 7657 of jacobrink@vodamail.co.za
Sien nog foto's van die SA Jaggeweerskietvereniging hier.
.jpg)