GEORGE ROLBAL NUUS - Met 'n puik oorwinning oor 4 Musketeers in die eerste ronde van die Outeniqua-rolbalklub se Hereford Group & Love for Vintage-winterliga vir besigheidspanne het Ricoh van meet af hul stempel afgedruk en die voortou ingegeem.
Die wenspan van die vorige reeks, Supporters, het met die 13de plek afgeskop nadat hulle verrassend deur die ervare KTV geklop is. Boardware het die tweede plek ingeneem na 'n goeie oorwinning oor Angel's.
Die groentjiespan wat sommer in die eerste ronde hande opgesteek het, Paintsmiths, het die derde plek ingeneem na 'n oorwinning oor Butz & Gutz. Alhoewel Bondexcel, nog 'n groentjiespan, deur Mend a Bath geklop is, het hulle goed genoeg gevaar om die sesde plek in te neem met Mend a Bath vyfde.
Uitslae:
1 Ricoh 13; 2 Boardware 13; 3 Paintsmiths 13; 4 Disasters 13; 5 Mend a Bath 13; 6 Bondexcel 12; 7 Miskruiers 12; 8 The Bowlbarians 12; 9 Bowling Stones 12; 10 GRM & WJC 11; 11 Pik 'n Wyn 9; 12 KTV 9; 13 Supporters 7; 14 Amec Plastic 7; 15 Ettean and Friends 5; 16 Vorster Motors 4; 17 Just Property 4; 18 Hereford Group George 4; 19 Hot Stuff 4; 20 Jack's Paint & Hardware 3; 21 Kommaweer Stoffeerders 3; 22 Butz & Gutz 3; 23 Angel's 3; 24 4 Musketeers 3.
Wedstrydlys:
Supporters t Amec Plastic; Ettean and Friends t Vorster Motors; Just Property t Hereford Group George; Ricoh t Boardware; Paintsmiths t Disasters; Mend a Bath t Bondexcel; Hot Stuff t Jack's Paint & Hardware; Kommaweer Stoffeerders t Butz & Gutz; Angel's t 4 Musketeers; Miskruiers t Bowlbarians; GRM & WJC t Bowling Stones; KTV t Pik 'n Wyn.
Alex Heyns van 4 Musketeers het ook met 'n prys weggestap in die gelukstrekking.
Dirk Wessels, een van die medehoofborge wat ook vir Hereford Group George se span speel, kry 'n prys van Ciska Ehlers.
Johann Faber van span Supporters ontvang sy prys van Ciska Ehlers wat die pryse oorhandig het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'